Amper alles wat ek in hierdie blog dokumenteer is in die riviersand van Kleinbrak rivier gebou - tussen Mosselbaai en George. Die rede waarom ek hier bou, is omdat dit weg is van die golwe van die see, omdat die sand oppervlak redelik vlak is, en die grondwater baie vlak is. Laasgenoemde is belangrik, omdat die sand onder die watertafel die beste sand is om mee te bou: wanneer die water uit die sand trek, vorm dit 'n vakuum tussen die sandkorrels wat die sand stewig maak. Hierdie sand val dus nie so maklik inmekaar nie.
Ek doen nie eintlik baie moeite om hierdie blog te laat mooi lyk nie. Dit is eintlik maar net 'n foto album vir my.
Ek doen nie eintlik baie moeite om hierdie blog te laat mooi lyk nie. Dit is eintlik maar net 'n foto album vir my.
No comments:
Post a Comment