Saturday, 18 January 2014

2009: Dorpe, Katedrale, en tempels

Teen die einde van die vakansie was my inspirasie werklik op: Hierdie is die tipe goed wat ek gebou het voordat ek begin het om die menslike figuur te doen. Die dorpie was maar eenvoudig: 'n Stadsaal, 'n dorpsplein met 'n fontein, 'n kerkie, en 'n paar huise. Die idee was dat ek die damwal sou breek, maar die water het net om die dorp gestroom, ipv van deur die dorp. In my kinderjare het ons iets soortsgelyk gedoen in Jeffreysbaai, waar dit besonder goed gewerk het. Hierdie keer was dit egter 'n flop. Wat betref die Katedraal en die romeinse tempel, beide die vleende bere van die katedraal en die pilare van die tempel is vrystaande.






No comments:

Post a Comment