Ek het besluit om te probeer friese maak. Die nadeel van 'n fries is dat jy dit net van een kant af kan bekyk, maar die voordeel is dat mens baie groter verskeidenheid in poserings het. Dit is ook uitdagend, omdat jy "fore shortening" moet gebruik: M.a.w. ledemate wat "uit" die prentjie kom kan nie volgens hulle regte lengte gemaak word nie, maar moet volgens die reels van perspektief korter gemaak word.
Hierdie is 'n prentjie van 'n seuntjie wat 'n sandvorm uit sy emmer giet. (Dis tog waar almal begin het!)

No comments:
Post a Comment