Al die figure wat ek tot dusver gemaak het was nogal uitdrukkingloos. Ek het toe gewonder of ek wel 'n emosionele uitdrukking kan maak. Gegewe dat emosies deur baie subtiele en fyn bewegings in die gesig weergegee word, is dit nogal 'n goeie uitdaging. Ek dink ek het dit nogal goed gedoen: Die seuntjie lyk *baie* ontevrede. Ongelukkig kon ek hom nie klaar maak nie.
No comments:
Post a Comment