Saturday, 18 January 2014

2013: Dorp weg gespoel

Hierdie keer is dit ek en 'n vriend. Dit is die eerste keer wat ek presies die effek kon kry wat ek laas in Jeffriesbaai kon kry: By Bettiesbaai was daar 'n oulike klein lagoon, met 'n maklik opdambare stroompie wat na die see toe geloop het.
 Die finale dorpie: In die voorgrond is 'n marina, en 'n vliegveld. Die vliegtuig behoort aan die burgermeester wat die dorpsmense verseker het die damwal is veilig. In die linkerhoek van die Marina is die skool se twee klaskamer geboue. Regsagter dit is die kerk en agter die kerk 'n kantoorgebou. Links van die kantoor gebou is 'n winkelsentrum, en links van die winkel is die stadsaal. Tussen die kerk en die stadsaal is daar 'n dorpsplein, met 'n standbeeld van 'n man op 'n perd. Agter die stadsaal is die treinstasie, met die industrieele gebied agter dit.
 Van 'n ander hoek. Die Damwal is in die agtergrond sigbaar. Links is die treinspore duidelik sigbaar, met die peronne,  en die voetgangersbrug . Links van die spore is fabrieke. In die agtergrond is die brug wat die industriele gebied met die dorp verbind, en in die voorgrond is daar 'n water reservoir en water toring. Agter die voetgangersbrug, regs van die spore is die stasie gebou, wat in die hoek van die stadsplein staan. Die agterkant van die stadsaal en die standbeeld is duidelik sigbaar. Die brug tussen die 2 geboue van die skool kan ook uit hierdie hoek gesien word.
 Duidelik het hierdie stadsbeplanner heeltemaal te veel vertroue in daardie damwal.
 Die industriele gebied in die voorgrond.
 Die brug na die industriele gebied in die voorgrond. Links is die vliegveld.
 'n Detail foto van die treinspore.
 Die dorpsplein. in die middel is die standbeeld. Die man en die perd kyk vorentoe, effens na regs. Die gebou regs voor is die stadsaal, en links voor is die treinstasie. Agter die treinstasie is die winkel, Agter die winkel die kantoor gebou, lanks die kantoor is die kerk, en langs die kerk is die skool.
 'n Mooi foto van die stadsplein. Die beeld is links voor, en die pilare van die stadsaal is mooi sigbaar. Regs is die voetgangersbrug oor die treinspore, en agter is die water reservoir.
 'n sy aansig van die dorp. Die vliegveld is voor, met die vliegtuig links. Net voor die vliegtuig is die terminaal gebou. In die aftergrond is die kerk en die kantoorgebou duidelik sigbaar.
 'n Lugfoto vanaf dieselfde hoek. Die kerk en die kerk toring is duidelik sigbaar. Die brug tussen die skoolgeboue ook.
 'n Naby foto fan die standbeeld van die man op die perd.
 'n Naby foto van die kerk
 Nog 'n foto van die standbeeld.


 'n Oepsie in die damwal!
 Die water stroom reguit na die dorp toe!

 Die vliegveld spoel weg, en die water begin in die strate inloop.
 Die kantoorgebou val in.
 Die kerktoring val om
 Die vliegveld, en die huise tussen die vliegveld en die plein is verspoel.
 Die kerkgebou kraak. Die plein is oorstroom.
 Die skoolgebou gee mee, die standbeeld het omgeval.
 Die stadsaal kraak, die water het nou al tot by die spore gekom.
 Die spore spoel weg. Die Stasie en die voetgangersbrug stort in een.


 Daar is nog baie water in die dam wat moet uitstroom!

 Wonder bo wonder bly die stadsaal staan, al is dit reg in die pad van die vloedwater.
 Die industriele brug het ook nou in geval, en die industriele gebeid is nou ook onder water.




 En die koepel van die stadsaal is nog steeds daar...




 Die vloedwaters sak.
 Die dorp, vanaf die gebreekte damwal.

 Dis al wat oor is van die dorp.

2013: Gevang deur 'n slang

Die keer wou my neef iets met 'n bietjie meer aksie maak. Ons het 'n bietjie rond gekyk op die internet, en besluit op 'n man wat deur 'n slang gevang is. Die uitdrukking op die man se gesig is nie heeltemaal reg nie: In plaas van benoudheid, lyk dit meer of hy brooklax nodig het. Ook het die regterkant van sy gesig eenkeer in geval, en gedreig om 'n twede keer ook in te val met krake in sy voorkop! Maar dis darem nie te sleg nie, dit vang tog iets vas van wat ons in gedagte gehad het.